Want to learn more about our programmes? Join us for a webinar! Learn more

NBT MAT Preparation Online (Afrikaans)

Leer van sommige van Suid-Afrika se voorste opvoeders terwyl jy nuwe metodes en tegnieke ondersoek om ingewikkelde NBTstyl vrae te benader en op te los.

R1334.50

5/5 (2 ratings)

Aanlyn
12 maande toegang
Afrikaans

Advantage Learn was die eerste om voorbereidingskursusse vir NBT te doen en raai waar ons begin het om leerders vir die NBT’s voor te berei? By die NBT MAT toets se voorbereiding! As gevolg van ons sterk agtergrond in Wiskunde onderrig het ons begin met die MAT voorbereiding werksessies en toe die eerste, ooit MAT aanlyn kursus.
Ons het hierdie aanlyn kursus vir twee hoofredes begin; eerstens. Ons het besef dat leerders wat wil uitblink in hul NBT’s, meer as ‘n twee dae klaskamer werksessie nodig het en tweedens het ons besef dat ons leerders moet help wat dalk nie by ‘n in- persoon klaskamer werksessie kan uitkom nie. As gevolg van hierdie redes het ons hard gewerk om die beste aanlyn voorbereidingskursus vir die NBT MAT toets te skep. Hierdie MAT aanlyn voorbereidingskursus is vir enige student van wie verwag word om die NBT MAT toets af te lê.

N hele paar van die tersiêre instansies en beurse vereis ‘n goeie MAT uitslag en verwag van die studente om die toets te skryf voordat hulle aansoek doen. Hierdie kursus laat studente toe om in die gerief van hulle eie huis of skool te studeer. Aanlyn studies laat die studente ook toe om volgens hul eie pas te werk. Stop en herhaal video’s om seker te maak dat jy tyd het om in te neem wat jy leer. Herhaal die vrae soveel keer as wat jy wil om seker te maak dat jy teen die regte tempo werk en ook met die regte graad van akkuraatheid, tydens jou voorbereiding vir een van die mees stresvolle eksamens van jou Matriekjaar.

Dit sluit die volgende

50+ video lesse
100+ oefen vrae
Video antwoorde vir elke spot toets vraag
Lesse notas
MAT spot toets
Aanlyn onderrig en leiding
12 maande toegang tot die aanlyn kursus
Kundig saamgestelde leer modules

Kursus Voorskou

Wiskunde

Kursus inligting

Wat behels die kursus?
Die MAT toets is gefokus op kern Wiskunde en hierdie toets word gewoonlik vereis vir Universiteits grade wat meer kwantitatief en / of wetenskaplik van natuur is.

Waarop ons dus in hierdie kursus fokus is om jou kennis van kern Wiskunde te gebruik en jou voor te berei om die 3-uur vraestel te skryf. Ons dek die belangrikste onderwerpe en antwoord tegnieke. Die NBT’s is nie jou gewone tipiese toets nie. Dit bestaan uit talle meerkeusige vrae waar jy jou kennis moet toepas en dit in ‘n sekere tydsduur moet beantwoord.

Hierdie kursus gaan jou help om die kennis wat jy alreeds van jou skool onderrig het, toe te pas om uit te blink in die toets. Dit sal ook help om enige kennis- gapings wat jy dalk voor die toets het, te oorbrug. Wees verseker as jy hierdie kursus doen en alreeds skool ‘n hele rukkie gelede verlaat het, die kursus die nodige inhoud het om jou herinneringe te verfris, en sou jy dalk enige probleme ondervind is die NBT span afrigters en Wiskunde deskundiges net ‘n boodskap of telefoonoproep ver om te help.

Daar is 4 hoof afdelings in die kursus
  1. Die Advantage Learn spot NBTs.
  2. Die video lesse wat jou leer hoe om die vrae te beantwoord, opgebreek in die modules van die MAT domeine.
  3. Toets jou begrip van die meerkeusige vrae aan die einde van elke module.
  4. HULP! As jy enige vrae oor die kursus of die NBT’s het, vra ons onderwysspan wat Maandag tot Vrydag tussen 8:30 tot 16:30 (CAT) aanlyn is. AS jy ‘n vraag op ‘n aand of oor ‘n naweek plaas, sal ons nog steeds antwoord sodra ons weer beskikbaar is. Onthou dat ons ‘n span Wiskunde onderwysers aanlyn beskikbaar het om jou te help, dus is jou Wiskunde vrae in verband met die NBT voorbereiding welkom.

In hierdie kursus help ons jou om al die vaardighede wat jy alreeds ken te gebruik om vrae te beantwoord op ‘n manier wat jy nog nooit voorheen gesien het nie. Ons leer ook vir jou tegnieke en metodes om Wiskundige probleme SONDER ‘n sakrekenaar aan te pak.

Jy behoort ( of moes al ) Kern Wiskunde op skool te doen of gedoen het. As jy Funksionele Wiskunde oftewel Wiskunde Geletterdheid doen sal jy nie in staat wees om om die MAT toets te doen nie en moet dan slegs die AQL toets doen.

uitdagend en as jy goed vaar met die voorbereiding en oefen daarvan kan jy met vertroue jou MAT toets aflê.

Wat is die spot toetse?
NBT ou vraestelle is nie beskikbaar nie. Die Nasionale Norm Toets, Toets projek stel dit nie vry aan die publiek nie.
Gelukkig kon ons met ons ondervinding en kennis van die NBT MAT toetse, Advantage Learn spot toetse opstel wat baie ooreenstemmend is.
Ons spot toetse is uitdagend en as jy goed vaar met die voorbereiding en oefen daarvan kan jy met vertroue jou MAT toets aflê.

NBT oefen sone
Aanhouer wen. Oefen en oefen weer en weer. Ons het ‘n oefen afdeling vir slegs NBT soort vrae. Dit maak dit maklik vir jou om 10 tot 30 minute lank te oefen aan vrae vanuit die kursus. Hierdie oefen afdeling maak gebruik van elke vraag wat in die kursus gedek is, alles op een gerieflike plek en dinamiese, na willekeur vrae kombinasies om jou op jou tone te hou en te laat leer.

Onderwyser ondersteuning
Soms kan ‘n leerder vasbrand met ‘n probleem en het dan iemand nodig wat kan help. Ons het ‘n span gekwalifiseerde Wiskunde onderwysers en wil graag studente se vrae beantwoord. Hulle is beskikbaar tussen 8.30vm-4.30nm gedurende die week om dadelik te reageer op enige leerder se Wiskunde vrae. Indien jy ‘n vraag buite hierdie tye vra, sal ons span dit op die volgende werksdag via epos beantwoord. 

Hoe om op die leerder se spoor te bly
As jy ‘n ouer is wat vir jou leerder betaal, laat ons jou ook weet wat gebeur en hou jou op hoogte van enige kursus inligting of ekstras wat jou leerder sal bevoordeel. Ouers kry outomatiese toegang en kan die leerder volg en sodoende die vordering van die leerder onder oog hou sonder om hul toestemming te vra.

Google reviews Facebook reviews SchoolAdvisor reviews Intercom reviews

Add to cart

Add learner details

Please add the details of the learner(s) who will be using this

Learner #1

Please enter a valid phone number, min 10 characters

Cancel

Advantage Learn is a registered Distance Education Provider with